Oor duiwe en dúiwe

Oor duiwe en dúiwe

Oor duiwe en dúiwe

Vandat ek kan onthou fassineer duiwe my. Meer spesifiek, wedvlugduiwe. ’n Mens kry duiwe en jy kry dúiwe. Want “gewone duiwe” is so algemeen en so “oral” dat ’n mens hulle skaars raaksien en dat hulle soms ’n pes is. Ek sal byvoorbeeld altyd onthou hoe geïrriteerd my ouma was met die bosduiwe wat nesgemaak het reg by haar kamervenster, en hoe ontstoke ek was toe ’n duif my onkant betrap het in Venesië en reg in my kamera se lens ’n blerts laat val het.

Maar wedvlugduiwe is ’n ander storie. Waar ek grootgeword het, was daar altyd ’n paar ooms in die dorp wat duiwe aangehou het. So skuins voor skemer is die hokke oopgemaak en die swerms losgelaat. “Swerms” voel egter nie soos die regte woord in hierdie konteks nie – “spanne” sou meer akkuraat wees. En dit is juis hierdie instinktiewe spangees wat my altyd vasgenael na hulle sirkelgang laat staar. Die span beweeg asof hulle één is in roete en in ritme en wyk nie daarvan af nie, byna asof hulle op ’n wentelbaan om ’n onsigbare as draai. Die skoonheid en eenvoud van daardie groepinstink laat my steeds verstom. En elke keer wanneer ek ’n “gewone” duif sien, wonder ek of hy (of sy) ook die potensiaal het om so ’n wedvlugduif te wees.

 

Wedvlugduiwe in aksie. Foto: Ziad Salloum: http://ziadsalloumphotography.com


 

 

“Gewone” duiwe op ’n standbeeld in die Piazza San Marco in Venesië.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *